Thompson Woordeboek vir Wetenskapfiksie bied ‘n skouspelagtige toer van die taal wat geskep is deur die wetenskapfiksie en sy aanhangers.
Met meer as 3 000 woorde en 6 000 aanhalings is TWWF 'n gids tot die betekenis en die geskiedenis van wetenskapfiksiewoorde wat dít 'n moet maak vir elke wetenskapfiksie-aanhanger om dit in hul boekrak te hê.
aar'de \ˈɑːrdə\ s.nw. (-s) Die derde planeet van die son af, sowat 149,6×106 km. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste van die vier aardse planete in die Sonnestelsel, in beide fisiese grootte en massa en besit slegs een natuurlike satelliet: die maan.
1923 [1972] C.J. Langenhoven, Loeloeraai 4/9: “... Hy’s so te sê net so groot soos die aarde, en byna ‘n derde nader aan die son”
1957 [1980] Jan Rabie, Swart Ster oor die Karoo 13/24: Met nuwe angs kreun Wouter: “Wie sê ons is nie… die enigste mense oor op die aarde nie?”
1961 Arthur Bleksley, Reisigers deur die Ruim 5/6: Maar ek wou eers die aarde sien, ou Moeder Aarde wat ons ‘n jaar gelede op ons reis deur die ruimte verlaat het en wat ons miskien nooit weer sal betree nie.
1971 Jan Rabie, Die Hemelblom 1/9: Die gehawende aarde krioel met een oorheersende lewensvorm: mense.
1982 Johan Kock, Leon Hugo: Ruimtevegter 1/5: Sommer hier teen die aarde, so naby hy kan dit skaars glo.
1993 Amelia Kellerman, As ons die maan mis ry 47/17: “Ja sien, ...daar sou eintlik net ‘n klein gedeelte terugkeer na die aarde. ...”
2004 Martie Preller, Die Hart van Zeebak 30/22: En dit het beslis nie gelyk of hy van plan was om óf vir my óf vir Nimron saam te vat aarde toe nie, dus moes ek maar my eie planne maak.
2011 Gerrit van Dijk, Ondulan 60/39: “Waarom dit op Aarde bou? …”
Volg ons