Kategorieë
Nuusbrief
Quintin Ellis is op 8 September 1968 gebore in Springs. Alhoewel hy gediagnoseer is met disleksia en volgens die kundiges nie verby Graad 5 sou vorder nie, het hy op 5 jarige ouderdom begin om romanse te lees.
Quintin Ellis is op 8 September 1968 gebore in Springs. Alhoewel hy gediagnoseer is met disleksia en volgens die kundiges nie verby Graad 5 sou vorder nie, het hy op 5 jarige ouderdom begin om romanse te lees.Sy ouers besit ’n volledige stel van Langenhoven se versamelde werke wat hy opgelees het. Brolloks en Bittergal is steeds een van sy gunsteling verhale.Op ouderdom 13 het hy begin prosa en poësie skryf. Sy taal onderwysers het hom aangemoedig om sy skryfkuns te ontwikkel.In Graad 10 ontvang Hy Breyten Breytenbach se digbundel Yk. Dit het sy het pasie vir Afrikaanse literatuur en sy skryfstyl vergroot. Hy het begin om die boeke van die segtigers te lees en hulle simboliese voorstellings aan te leer. Ten spyte van sy eng Afrikaanse opvoeding het hy altyd alternatiewe tendense in Afrikaans aangehang.Na skool het hy rondgeval tussen die nagklubs en onderwêreld van Gauteng tot hy 2001 tot bekering gekom het. Daarna het hy as sendeling en filantroop vrywillige diens gelewer by verskeie organisasies tot in 2012. Hy is tans woonagtig in Robertson in Die Vallei van Wyn en Rose.
Meer
Volg ons