Kategorieë
Nuusbrief
Cornelis Jakob Langenhoven is op die middernag van 12-13 Augustus, 1873 op Hoeko, Ladismith gebore. ‘n Paar dae na sy geboorte sterf sy moeder en sy pa se broer wat getroud was met sy moeder se suster het hom aangeneem en as hulle eie kind grootgemaak.
Van die plaasskooltjie op Hoeko is hy na Ladismith, waar hy sy standerd 8 eerste in die Kolonie geslaag het; daarna na Riversdal, waar hy gematrikuleer het.
In 1893 verhuis hy na Stellenbosch waar hy aan die Victoria-kollege studeer en hom as advokaat bekwaam. In 1894 raak Langenhoven verloof aan Helena de Vries, maar haar vader beëindig die verlowing in 1896 omdat Langenhoven te onseker was oor sy lewe en loopbaan.
Langenhoven trou in 1897 met die weduwee M.M. van Velden (Vroutjie) van Ladismith en verhuis ná sy huwelik na Oudtshoorn. Waar hy vir ‘n ruk lank as prokureur praktiseer.
In 1901 is Langehoven se enigste kind, Engela, gebore.
In 1912 word hy redakteur van die koerant Het Zuid-Westen, en gebruik dit, doelbewus en met volle ondersteuning van sy boere-direksie, as propagandamiddel tot bevordering van die stryd vir die erkenning van Afrikaans as die taal van die Afrikaner. Later sou Langenhoven ook ‘n stigterslid word van die nuwe Afrikaanse koerant Die Burger waar hy gereeld bydraes lewer onder die skuilnaam Sagmoedige Neelsie.
In 1914 stel hy hom beskikbaar as kandidaat vir die Provinsiale Raad (Oudtshoorn) waar hy homself verder toewy daaraan om Afrikaans as amptelike taal erken te kry en op die 23ste April, 1914, slaag hy daarin dat Afrikaanse skoolgaande kinders die reg het om onderrig in hul moedertaal, Afrikaans, opgevoed mag word.
Langenhoven sterf in sy woning, Arbeidsgenot,
Oudtshoorn, op die oggend van Vrydag, 15 Julie, 1932, drie weke voor sy 59ste verjaarsdag.
Geen inligting oor die skrywer is bekend nie.
Toekennings en publikasies
Geen
Volg ons